Die Kaalkop Waarheid (DKW) is ‘n 6-stuk musiekgroep van Pretoria wat oorspronklike Afrikaanse musiek maak. 2009 is DKW se tiende bestaansjaar en hul nuwe CD, Woestyn se Rivier is einde 2008 bekendgestel en is genomineer vir ‘n SAMA: Beste Afrikaanse Rock Album.